Gisteraand , het  Jacky en ek  ‘n wonderlike ervaring gehad , ons “date night” het bestaan uit ‘n lekker ete , en ballet by Cinema Nouvveau . Oppad werk toe vanoggend , het ek gedink , hoe min pitkos , ons, onself gun , en dit is waaroor ek graag wil praat.

Niemand hoef vir my te vertel , hoe besig en stresvol ons lewe is nie ,dit is ‘n feit . Alhoewel ons vining is om dokter toe te gaan , as on siek is , psigies of fisies . Die welstand en aandag wat ons kinders kry is noe onderhandelbaar nie .Die kerk of geloof , as dit vir jou belangrik , moet na jou siel kyk . Maar gee ons genoeg aandag aan pitkos , wat so belangrik is om werklik balans te he.

Ek probeer nie kras wees nie , en ’n gesonde intieme sekslewe is baie belangrik , maar dit vat werklik nie ‘n groot hap uit jou tyd nie (Of miskien is dit net my probleem lol ) . Maar dit is ook ‘n feit , dat kommunikasie tussen mense , seker die belangrikste pilaar van enige verhouding is. Die daaglikse praat dreig en kla binne ‘n gesin doen nie veel om jou pitkos reserwes op te bou nie.

Daar is iets onwerklik om mense te sien ballet doen , om te dink dat hierdie persone hulle lewens toewy om te dans en daar deur stories te vertel , met ‘n vol simfonie orkes , wat nuwe gekomponeerde musiek speel , gee nie net pitkos nie , maar materiaal vir ure se kwaliteit gesels . Die stem musiek en geselskap van Karin Zoid, in ‘n intieme konsert by Atterbury is prysloos . Ons het werklik wereld klas akteurs en aktrises , maar jy waardeer hulle werklik , wanneer jy ‘n Maruis Weyers sien speel vir 90 minute alleen , met net ‘n tafel en ‘n bottel water as dekor. Om nie te praat van Sandra Prinsloo , Chris Voster , en soveel meer talentvolle mense nie. Hoe lanklaas was jy nie by ‘n gallery nie , gaan kyk prentjies en wees gereeed om asemloos kunswerke te bewonder .

Jy het nie geleef voor jy ‘n Koos Kombuis, Valiant Swart of Theuns Jordaan konsert bygewoon het nie , wanneer Theuns soos bloed begin sing , verlang jy na mense wat jy nie eers ken nie. Snotkop , Bok en die jonges wat deur kom , doen meer vir jou Afrikaner wees , as wat enige FAK ooit kan doen . Soveel te meer om net ‘n boek te gryp en weg te raak in die wereld van Deon Meyer , terwyl jy luister hoe Arnold Carstens en Chris Cameleon se nuwe Afrikaanse musiek klink .Al het jy net tyd vir “You Tube” , doen dit en kyk na wondelike voorbeelde van pitkos wat beskikbaar is.

Die werklikheid is , Afrikaanse pitkos , is kwaliteit,relatief goedkoop en beskikbaar indien jy bereid is om ‘n bietjie moeite te doen . Daar bestaan nie iets soos ‘n ryk Afrkaanse kunstenaar , beeldhouer ,musikus , skrywer (miskien Deon Meyer?) of akteur nie . Hulle werk baie hard vir lagwekkende geld. Ek belowe jou , daar sal soveel meer wees om oor te praat as die nar Zuma se nuutste streke.

So kry balans , stoor jou pitkos spens , waardeer en geniet talent wat soveel groter is as wat ons dink !

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s