Ek sukkel baie om my kinders te sien op hulle eie. Ek kan sonder om te dink se, dat die enigste 2 dinge wat ek werklik goed gedoen het , was my 2 kinders . Moet tog nie vir ‘n oomblik glo dat ek ‘n “great” ouer was nie , ver van dit , ek was selfsugtig ,veral toe ek jonger was.Maar gelukkig het my kinders ‘n wonderlike Ma gehad , wat tot vandag toe nog , haar hande stompies werk en baklei vir haar kinders en ‘n stiefma , wat my geleer het , dat my rigiede uitkyk op die lewe , nie die manier is om daar te wees vir jou kinders nie.

Ek dink ek dra soos elke ander ouer , bagasie oor dinge wat ‘n mens doen ,terwyl jy jou kinders groot maak , alles wat jy doen is beslis nie reg nie , ek spot altyd , dat ook nooit die boek gekry het , om ‘n “perfekte ouer ” te wees nie. Maar ek weet ook dat elke ouer wat ek ken , sonder om 2 keer te dink , al jou kind se pyn, teleurstelling en seerkry sou dra as ons kon.

Ek het die gedig 10 jaar terug geskryf , en al het dit van toe af tot nou baie beter gegaan , dink ek nog elke dag aan my tekortkominge as ‘n ouer!

“Flat” in Sofiatown

toe oë my kinders
moenie die graffiti lees
my foute teen ʼn muur
vir almal om te beleef

die stank van pis
die smet van vuil
die “witness” van ʼn lewe
van selfsug en pyn

Here, moenie hul laat “struggle”
vir my foute, my ego, my gemors
ek verdien die wrewel
sal U hulle asseblief los!

Hein

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s