My vriend van 30 jaar , Tom Taylor , het my gisteraand gas gegee ,dat ek nie genoeg in Afrikaans skryf nie , ek stem nogal met hom saam . Daar is nie ‘n taal so mooi en omskrywend as Afrikaans nie , en dit sal altyd my passie bly . Dit is ook baie belangrik om te let, dat ek die enigste lewende wese is wat ‘n vuis geveg (ek het hom per ongeluk raak geslaan ) teen Tommy gewen het . Nogal die eerste dag wat ons ontmoet het . Die res van die feite is nie belangrik nie .(Niemand hoef byvoorbeeld te weet , dat ek so bang was na die voorval , ek het jare daarna nog jammer gese het)

 

Iets wat moet verstaan word , maar nie die aandag kry wat dit verdien nie, is dat Afrikaans een van die grootste slagoffers van Apartheid was. Ja , dit is wel so dat die 1976 onluste gekom het omdat die Nasionale Party ,Afrikaans as voertaal by alle skole(veral sogenaamde swart skole) wou in bring (wat ‘n kak idee , soos die meeste van hulle idees was). Afrikaans het gebuk gegaan onder die Nasionale Party se sogenaamde ,sensor beleid . Hierdie beleid het besuit wat afrikaans sprekende skrywers kon skryf , waaroor hulle kon skryf en dan wel ook , in watter vorm (Perfekte Broedersbond ATKV Afrikaans) van Afrikaans gebruik kan word. Van 1948 af was dit, produksie en kunstenaar gewys , van die swakste jare in ons taal geskiedenis . Skrywers soos Andre P. Brink , Breyton Breytenbach en JM Coetzee se boeke indien gepubliseer is verban , en het hulle ook baie die binnekant van selle gesien . Presies dieselfde het gebeur met ons liedjie skrywers . ‘n Mens kan verstaan dat die enigste werklike Afrikaanse ikoon in die tyd , Koos du Plessis , se liedjies so hartseer was, jy wou selfmoord pleeg . Kom ons wees eerlik Ge Korsten, Groep 2 en Sonja Herhold het dit nie vir my gedoen nie .In die tagtigs , met die Voelvry beweging , Johannes Kerkorrel en Anton Goosen , het ons die eerste keer weer kunstenaars gehad wat kon skryf wat hulle wou.

Vandag bloei en groei Afrikaans op ‘n vlak wat nog nie in ons geskiedenis gesien word nie , ons het letterlik 100de kunstenaars (nie almal goed nie) , wat sing en skryf van Opera tot Swaar Metaal(Heavy Metal). Ons het almal ons gunstelinge en dit is ironies dat suksesvolle kunstenaars soos Chris Cameleon , Elvis Blue en Arno Karstens baie suksesvolle Afrikaanse musiek speel en verkoop. Die Swaar Metaal orkes “Kobus” word beskou as een van die beste orkeste in die wereld in hulle genre . Die skrywers  is nie ver agter nie , Deon Myer se boeke word in menige tale vertaal om die wereld , dieselfde met Karin Barnard . Ons skryfskole is so besig , dat jy maande voor die tyd moet aansoek doen vir ‘n plek . Op die radio is daar ewe skielik keuses watter Afrikaanse kanaal wil jy na luister en dieselfde op digitale vlak met ‘n klomp Afrikaanse nuus berigewers. Die waarheid is , dat Afrikaans vanaf die sogenaamde nuwe bedeling in 1994 nie gelyk behandel is nie , maar tog het dit floreer , die rede . Beskerming maak ‘n taal dood , vryheid gee ‘n taal vleuels!

My volgende stelling gaan miskien snaaks klink , maar gee my ‘n geleentheid vir verduidelik . Ek is geweldig liberaal as dit by Afrikaans kom . Ek glo byvoorbeeld dat die voertaal in alle skole moet Engels wees , dit is nie ‘n nuwe idee nie , hierdie idee is reeds gepropogeer in die 1930’s deur Generaal Jan Smuts.Dit was een van die redes dat verkiesing gewen is deur die natte , wat onmeetbare skade aan ons land aan gebring het. Ek besef dat ‘n moedertaal die beste voertaal is vir onderwys , maar ons moet ook na die die realiteite van ons land kyk , ons kan nie 11 amptelike tale he nie . Dit is nie prakties en ekonomies haalbaar nie . Om nie Afrikaans as ‘n amptelike taal te he nie , gaan geen skade aan ons taal aanrig nie. Dit word in elk geval nie as ‘n amptelike taal gebruik nie . Bied Afrikaans as ‘n keuse vak aan in skole . Dit sal soveel van die druk van ons taal afhaal , daar is nie een Afrikaans sprekende onderwyser wat nie in Engels kan klas geen nie . Hiermee maak ons Engels die voertaal , en Afrikaans die eksklusiewe taal . Ons ekonomiese voertaal is Engels , en die wereld taal is Engels . Hiermee kan ons , ons kinders voorberei om werklik burgers van die wereld te wees.

Natuurlik weet ek wat die puriste gaan se , as ons Afrikaans verloor , gaan ons ,ons taal verloor! Dit is die grootste klomp twak , min of meer 13.5% van die bevolking praat Afrikaans , van die persentasie word Afrikaans ver meer as 50% deur mense van kleur gepraat . In ander woorde ons gaan aan om miljoene rande aan Afrikaans te spandeer in gevegte , om dit te gebruik as ‘n amptelike Suid Afrikaanse taal . Dit terwyl Zoeloe deur 22.7% van mense in Suid Afrika gepraat word en Xhosa deur 16% .

Vlaams in Belgie het nie verdwyn nie , Katelaans in Spanje het nie verdyn nie , so sal Afrikaans nooit in Suid Afrika verdwyn nie . Insiggewend is dat beide genoemde  tale meer populer geword het , en meer gegroei het as enige ander tye in hulle geskiedenis.

Afrikaans is die eerste keer gesond ,in ‘n lang tyd, in elkeen van sy vorme ! Afrikaans is nie onder druk , as ons nie dit onder druk wil he nie . Afrikaans moet behandel word met die respek wat dit en sy mense verdien . Afrikaners en Afrikaans is gemaak in Afrika , kom van Afrika en sal altyd deel wees van Afrika . Dit is onnodig om in ‘n demokratiese bedeling te veg vir iets wat deur sy uniekheid altyd net aan mense sal behoort wat deel van dit wil wees !

Viva, Afrikaans!

 

Hein

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s