Ek is besig om net meer en meer ‘n renons te kry in die mense van vandag en hier praat ek spesifiek van wit mense . Wat het gebeur ? Ag ons onself so belangrik , dat ons besig is om totaal en al moreel bankrot te raak. Het ons vergeet wie ons is en waar ons vandaan kom . Materieele bates het blykbaar , die plek gevat van ordentlikheid en goeie maniere . Besef ons nie dat wat ons tans besig is om te saai met ons kinders is  ,wat ons later sal maai as afskuwelike beterwetige groot mense nie.

Dit is ironies , hoe ons op ons agtervoete wil staan , as iemand dit durg waag om ons bloedjies aan te vat of dit ‘n onderwyser , huiswerker of ‘n ander grootmens is. Hoeveel keer moet ek hoor , hoe ouers met groot trots vertel , dat ander groot mense niks vit hulle kinders te se het nie , hulle sal self hulle kinders dissiplineer . Hoe onderwysers sleg gese word , want dit is nie die kind se skuld dat hulle sleg doen nie , dit is die opvoeder se skuld. My grootste eindjie dood , is wanneer ouers toe laat dat hulle kinders  huiswerkers sleg se , en met hulle disrespekvol praat .Kinders in groot mens geselskap is aanvaarbaar  nie net dit nie, hulle val jou in die rede , en neem die geselskap oor . Ma’s en Pa’s kan nie genoeg vir die kinders doen nie , hulle gooi koeldrank in , word gehied en gebied , tel agter die kinders op , want dit is tog net kinders. Die mees lagwekkende is wanneer kinders met mekaar stry kry , en die groot mense raak betrokke , dit het al menigde vriendskappe gekos.

Maar ons moet eerlik wees , waar leer die kinders hulle gedrag ? By hulle ouers . Die fondament van goeie maniere , groet, respek , dankie, asseblief is nie meer daar nie . Daar word net gegroet as jy moet en menigmaal word mense mis gekyk , want ek is nie lus vir die persoon nie. Dankie en asseblief is woorde wat jy net se , wanneer jy regtig iets wil he. Respek word slegs gegee as dit verdien word , nie omdat ‘n persoon ouers as jy is nie. Materieele bates het die basis geword hoe mense geklasifiseer word Waar jy bly wat jy ry en wat jy besit , sit jou nou in sogenaamde klasse . Ons probeer ons kinders se liefde koop , terwyl gesonde aandag al is wat hulle nodig het.

Wel ek , en die mense van my tyd , het anders groot geword , alle groot mense is respekteer , wat hulle kleur ookal was . Ek het meer by bediendes pak gekry as by my eie ouers , en ek sou nie waag om my ouers te vertel nie, want dan kry ek weer pak . Dieselfde met onderwyswers . Groot mense kuier met groot mense , kinders speel met kinders . As ‘n groot mens ‘n kind sien , wie se kind ookal , wat aanjaag , is jy daar en dan aan gespreek . As kinders met mekaar probleme het , moes hulle dit self uitsorteer , dit is nie groot mense se werk nie !

Ouers is vandag so beskermend oor kinders , hulle vergeet om ouers te wees . Hulle is so ingestel om kinders die voordeel van die twyfel te gee , hulle vergeet hoe manipilerend kinders kan wees. Hulle probeer so hard om sielkundig  korrek te wees , hulle vergeet van deurnisvolle respek en dissipline . Die gaping tussen ouers en kinders bestaan nie . Ouers word teen mekaar af gespeel . Ons gryp na boeke , praat met opvoedkundige kenners alles net om die perfekte ouer te wees . Dit terwyl die antwoord so eenvoudig is.

Onvoorwaardelike liefde ,aandag , dissipline en deurnisvolle respek!, dit is die kort en die lank.

Ons moet regtig dink wat ons  besig is om te doen , want wat ek sien , is nie goed genoeg nie! Nie teenoor ouers nie , maar veral nie teenoor  ons kinders nie!

 

Hein

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s