Hello Pa , Hello Ma
Waar julle ookal is , ek hoop dit gaan goed . Ek het ‘n paar dinge te se , en siende dat julle nie meer daar is nie , is dit tog belangrik vir my om dit op papier te sit.

Pa
Een van die beste dinge van tyd is ,’n mens vergeet van die lelike , en jy onthou net die lekker dinge . Tog Pa , in enige iemand se terme was jy ‘n “bliksem” . Beslis nie een van die maklikste mense om oor die weg te kom nie , maar tog met ‘n klein hartjie wat baie maklik sag kon raak . Ek is jammer oor die laaste 2 jaar , dinge was nie lekker tussen ons nie . Weet asseblief dat ek , nou dat my seun 20 is , ek jammer is oor my rebelsheid . Ek kon dinge anders hanteer het .Vandag weet ek , jy moes verskriklike depressie gehad het. Die dinge wat met jou gebeur het was taai in enige iemand se taal . Destyds was anders , depressie was ‘n vloekwoord , en die medisyne (alkahol)wat jy gebruik het , was een van die redes , hoekom dinge so lelik teen die einde geword het. Maar ek sal nooit vergeet dat jy altyd daar was vir my , elke wedstryd . Jy was my motiveerder , en my kruk. Ek wens ek het “guts” gehad om vir jou te se ek wil nie ‘n dominee word nie , ek weet jy het gevoel ek moes. Meer as enige iets in my lewe , hoop ek jy weet , al is my lewe nie wat jy vir my sou wens nie , ek 2 “great” kinders het , wat jy mal oor sou wees.Ek wens jou kon hulle sien, ek wens ek kon ‘n bier drink saam met Pa! Ek hoop nie Pa is teleurgesteld in my nie!

Ek kan eerlik se , al het daar baie dinge gebeur , ek baie dankbaar was ,dat Pa, my Pa was Dankie vir al die opofferings , dankie dat ek net die beste gehad het , terwyl Pa tekort gely het. Ek is jammer vir elke ding waarin ek jou teleur gestel het . Ek wens ek het meer vir jou gese , dat ek lief is vir jou ! Pa , asseblief weet , wat ookal gebeur het tussen ons , ek vergewe jou asseblief probeer om my ook te vergewe.

Ma
As ek terug dink , is daar vir my 2 tyd gleuwe , die laaste 6 jaar , en die tyd voor dit . Kom ons praat oor die laaste 6 jaar eerste . Dit was taai , vir ons almal , en al is dit moeilik is om te se , seker maar die taaiste vir Ma ook . Ek wil nie meer hieroor praat nie ! Dit maak my hartseer , want die person in jou vel die laaste 6 jaar was nie my ma nie! Dit is genoeg, ‘n Siekte het nie verskonings nodig nie!
Die tyd voor dit , wel , ek het die beste Ma in die wereld gehad ! Sy het my alles gegee , nie net liefde nie , maar al was ons arm , was ons altyd ordentlik aan getrek , jy kon ons deur ‘n ring trek ! Tot vandag toe nog kan ek eerlik se , niemand kon soos my ma kook nie , Erik, my seun se dit vandag toe nog . Niemand kon soos sy ouma kos maak nie . My Ma was ‘n wonderlike skoonma vir haar skoon dogters , en Liezl en Lenti kan daaroor getuig . Karen was haar alles , en al het ek partykeer jaloers geraak , verstaan ek dit vandag. My ma het alles vir ons gedoen ,rond gery vir tennis en orrel lesse , sy was ons “moms taxi” nog voor daar een was .My Ma se beste bate was dat sy ‘n fantastiese Ma was! Dinge was oor die algemeen maar krapperig gewees met my Pa , hy was ‘n moeilike man . Vir ‘n lang tyd het ek geglo my ma moes ons meer beskerm het teen hom . Dit her verander toe ek met haar later daaroor gepraat het . Ek was danbaar vir Pa-Dries , want my Ma is deur kom soos ‘n koningin behandel , sy het dit verdien .Dankie vir Ma se liefde , al is dit nie baie gese nie , was dit gevoel gewees .Jammer vir my tekort- kominge , veral oor die laaste 6 jaar . Ek is bly Ma is nou rustig , Ma verdien dit! Lief Ma!

Bowenal wil ek net dankie se vir Ma en Pa , dankie vir Derek en Karen , dankie vir die voorreg om ‘n familie te he , en julle kinders te kan wees!

Hein

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s