28 Augustus 2017

Hello Pa ,
Vandag 30 jaar terug , het Pa na ‘n beter plek toe gegaan .

Ek verlang nog elke dag na Pa , die laaste 30 jaar was nie altyd maklike jare gewees nie . Ma is nie meer daar nie , sy het so paar jaar terug gegaan. Dit gaan goed met Derek en Karen , en ons almal het regtig die huwelik ding deur en deur probeer . Ons kan met sekerheid se , nie een van ons is trou materiaal nie

Maar ek kan met vrymoedig se , Pa sou ‘n baie trotse Oupa gewees het . Derek se seun Kian is n blok van n seun , hy gaan volgende jaar hoerskool toe.Hy is baie sportief , speel rugby en krieket , vang die heeltyd vis , en is ‘n brander ryer . Soos Pa kan aflei , bly Derek by die see , hy is baie gelukkig daar . Hy bly in Jeffreysbaai .Derek is beslis pa se kaalvoet klong , en het nie veel tyd vir die gewone wereld nie. Hy slaan die lewe se drom op sy eie ritme.

Karen is ‘n onderwyseres , ‘n baie goeie onderwyseres . Sy het baie swaar gekry toe Ma weg is . Sy het 2 “kiddies” , Johane is op hoerskool , en doen baie goed .Sy is baie lank , maar ‘n baie mooi mens , en ‘n regte plaatjie as dit by haar Ma kom . Stefan ,Karen se seun is ‘n groot man , hy is verskriklik lief vir boer maar is op die oomblik op Universiteit , waar hy goed doen . Al is hy so groot , is hy sag sprekend , hy het baie van sy mens wees by Pa-Dries (Ons stiefpa , en Pa se ou vriend) geleer . Hy is oppad om net so wonderlike man soos sy Stief Oupa te word.

Dan kom ons by my , al wat ek kan se van myself , is dat ek ‘n “great” lewe met baie ervaringe gehad het en nog steeds het . Ek het totaal onder presteer as dit by ‘n loopbaan kom , en het al ‘n paar van hulle gehad . Tog het ek nog altyd hard gewerk , soos Pa , al kon ek baie meer met my lewe gedoen het. So 10 jaar terug het ek ‘n wonderlike vrou ontmoet , sy het my lewe figuurlik en letterlik gered , en vandag kan ek eerlik se , ek hou van wie ek is! Ek het ook 2 kinders , Jeanne-Marie is oor 17 maande ‘n mediese dokter , sy is beeldskoon , baie slim , en ‘n goeie mens , sy is die punt van my hart en is alles wat ‘n mens in ‘n dogter wil he. Sy het ongelukkig ook haar Oupa se humeur , en het nie veel tyd vir dwase nie . My seun Erik , is na Pa vernoem. Hy is ‘n formidabele sportman , wat heeltemal onder presteer . Klink dit bekend Pa . Aartjie na sy Vaartjie ! Hy is ook op Universiteit , en doen goed . Ons kan ook dan natuurlik soos Hond en Kat baklei , sekere goed verander nooit tussen Koekemoers nie.

Soos Pa kan sien , is Pa se nageslag , nie op ‘n slegte plek nie , en al is ons by verre seker nie die produkte wat Pa, sou wou gehad het nie , is hier tog ‘n sterk fondasie vir die pad vorentoe!

So sterkte Pa! Baie liefde! Ons mis Pa!

Hein

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s