Soos meeste ander Afri-forum lede , het ek my sms gekry om deel te neem aan die optog na die unie geboue op die 25ste November 2017. Ek is seker , baie nie lede en belangstelendes het ook soort gelyke uitnodigings gekry

Ek het ‘n spesiale belang by plaas moorde! My pa en my jongste broer bly nog steeds op Vlakplaats in die Fochville omgewing . Alhoewel hulle nie meer kommersieel boer nie , boer my Pa al meer as 40 jaar op die plaas, my ma is oorlede op die plaas. As werkgewer het my Pa vir sy werkers huise verskaf met elektrisiteit en water , nog lank voor dit populer was , ek het hom nog nooit hoor skel of skreeu op enige werker nie. My 2de jonste broer en sy vrou bly op Ellisras , op ‘n plaas waar hulle werk , nie ver van die 2 dokters wat aangeval en geskiet is nie. Hy was deel van ‘n plaas aanval , waar hy ‘n rower moes skiet om te ontsnap. Ek is ‘n gewese veediefstal speurder , en was op meer plaas aanval tonele , as wat ek wil onthou. Vandag nog as die foon in die middel van die nag lui , word ek yskoud en is my plaas mense eerste in my gedagtes!

Plaas moorde is aaklig in hulle wreedheid ,intensiteit en rassisme ( alhoewel swart boere , en swart werkers ook deurloop). Maar op die einde van die dag is hulle nog steeds moorde . Hulle is deel van die 2016/2017 moord statistiek , wat aandui dat 19016 mense dood gemaak is in Suid Afrika. Hulle is net so deel van moorde , as die moorde op die Kaapse Vlakte se bende geweld , of die Kwa-Zulu Natal se politieke geweld of die voertuig kapings , huisrowe of moorde op vrouens en kinders. Al hierdie moorde het te doen met swak polisieering , swak SAPS ondersoeke ,swak SAPS pro-aktiewe planne en inligting, patetiese SAPS leierskap en offisiere , swak SAPS lede en geen politieke wil om moorde en misdaad per sy , werklik aan te spreek nie.

Dit is die probleem , nie net plaas moorde nie !

Dit word duidelik deur die organiseerders aangedui dat die optog gaan oor plaas moorde , hoekom nie oor alle moorde nie , of is ander moorde aanvaarbaar? Dit mag aanvaarbaar wees vir Afri Forum , maar nie vir my familie op die plase en in die dorp nie. Moord is ‘n Suid Afrikaanse probleem , nie net ‘n Afrikaner probleem nie . ‘n Plaas moord is nie meer of minder aanvaarbaar as enige ander moord nie. Hoekom aangaan om moord te klasifiseer? Is moord in die stad aanvaarbaar solank dit ‘n swart slagoffer is? Miskien in julle boek , maar nie in myne nie !

Verder word die politieke deur oop gemaak vir die EFF en die ANC van hierdie wereld ! Hulle gaan teenstand bied onder die dek mantel dat plaas moorde net ‘n wit misdaad is , en dat die optog net oor wit belange gaan. Hoewel ons weet dit is nie , moet nie die persepsie skep dat dit net oor wit belange gaan nie. Maak die optog oor alle moorde in Suid Afrika ! Baniere , plakate ens kan mos gebruik word om moord in sy vele vorms se aandag te trek . Net daar en dan trek jy die tande van die opposissie wat dit ‘n politieke speelbal wil maak ! As hulle dan will teenkanting bied , is dit teenkanting teen ‘n optog wat oor alle moorde in Suid Afrika gaan , en is die skoen aan die ander voet

‘n Spesiale woord aan al die ou vlag en AWB vlag swaaiers , dit is weer tyd vir julle om te gaan kyk na die foto van die AWB lede se lyke was langs hulle Mercedes le. Teregestel sonder dat enige iemand tot vandag toe nog vir hulle op gestaan het. As jy nie deel van die nuwe Suid Afrika wil wees nie , immigreer asseblief of koop vir jou ‘n stukkie grond in Orania. Met 1 negatiewe handeling of optrede , word goeie aksies en optredes gehang aan die klok van apartheid , so word die meerderheid deelnemers se boodskap on- effektief en polities verkeerd gemaak.

Ek het dit reeds verskeie kere gese , maar ek gaan weer . Afriforum , dankie vir die werk wat julle doen. Dit is ongelukkig tyd om op te staan , en saam die groot mense te gesels. Afriforum as ‘n entiteit moet homself vestig as ‘n tuiste vir alle mense wat glo in demokrasie en die regte van minderhede . Tans met hierdie “wit” aksie van julle , laat julle ‘n geleentheid verby gaan om op die morele hoe grond te bly !

Dink asseblief weer oor hoe die optrede verkoop word!Die optrede moet inklusief wees , anders luister die meerderheid nie na die boodskap nie.

Hein

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s