Ons familie het Sondag die 26ste November 2017 , totsiens gese aan ‘n wonderlike man . Johan le Roux was 55 jaar getroud met my oorlede Pa se suster , Tannie Sus  .Hy is Donderdag die 23ste November oorlede, op ouderdom 77 , nadat hy lank siek was.

Hy was ‘n groot held vir my , en een van die laaste konneksies wat ek met my Pa gehad het . Nadat hy geweldig baie pyn gehad het , en gesukkel het om oor die weg te kom , is hy nou tot ruste .

Hier is my huldeblyk aan hom.

Johan le Roux
groot nr. 1 op jou rug
skrummer, sterker as enige brug
‘n legende in jou eie tyd
terwyl jy “Beechies” kou en byt

‘n held vir my
selfs my pa ,kon jou nie onder kry
voels en eiertjies om te wys
altyd woorde om te prys

sjarmant met die skoner geslag
jou tuine altyd vol prag
‘n “smile” onder jou snor
“f..” jou geliefde knor

’n pa , oupa en man
voorbeeld by die kerk
repekteer by die werk
Le Roux was jou van

niks meer pyn en seer
baie by jou geleer
gaan jou so baie mis……………….
maar jy verdien jou rus…………………

Hein
2017/11/24

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s